ONS KOMVANDAAN
Cordis Trust is in 2000 gestig as formele voortsetting van die Mardene Marais-gedenkstigting van 1990 om die beginsels van deernis, skeppende woordkuns ( dig-, skryf-, drama-en liriekekuns en kultuurhistoriese navorsing) en geloof uit eie fondse te bevorder met slagsin “uit die hart”. Afrikaanse woordkuns is aanvanklik by RAU (nou UJ) bevorder deur studie-toekennings en die RAU Mardene Marais debuutpryse. Die Woordgilde en nisteaters in Pretoria is deurlopend ondersteun om dit vir aspirant deelnemers toeganklik te maak. Sedert 2010 kom persone wat Afrikaans met oorgawe bevorder en nie normaalweg bekroon word nie in aanmerking vir die Orde van die Goue Pen-toekenning met ‘n geldwaarde en voorkeur tot gratis publikasie by Cordis Trust Publikasies. Daar is reeds 35 sulke toekennings gedoen. Cordis Trust samel nie fondse in nie; soek sinergie met gevestigde organisasies; ding nie mee nie en het geen bemarkingsdoelwitte anders as om blootstelling en erkenning aan begunstigde persone of instansies te gee nie. Die aanname is dat ‘n piramied van skeppende mense bestaan en dat daar volop potensiaal is wat by ontwikkeling en mentorskap kan baat. Die sosiale netwerk word as kragtige meganisme beskou om aanlynmentorskap aan te vul met ‘n bestaande abba-program waar aspirant woordkunstenaars aan kundige mentors toegewys word. Cordis Trust se resultate hang af van die toegewyde medewerking van instansies en individue met wie daar etlike suksesvolle verbintenisse bestaan.

'n Roeping tot dankbaarheid
Op 18 Oktober 1999, op 56 met ‘n diep gevoel van onreg teen my in sakeverband gepleeg, ervaar ek ‘n breekmoment wat my lewensuitkyk radikaal sou verander. Ek besluit daarteen om weer voltyds te werk; my kundigheid as konsultant in inligtingstegnologie per geleentheid beskikbaar te maak en om die gedenktrust wat in 1990 vir my oorlede dogter geskep is (en as die RAU-prys vir skeppende Afrikaans gedien het) formeel te registreer, befonds en te bedryf met die kernstrewes deernis-, Afrikaanse woordkuns- en geestelike groei projekte. Dit is op 13 Januarie 2000 as Cordis Trust geregistreer met drie gesinslede as trustees. Daar was ‘n deurlopende aanvraag vir my sake-kundigheid, plaaslik en oorsee, wat as innotrade bedryf is tot 2017.
As uitvoerende trustee van Cordis Trust kon ek staatmaak op etlike medewerkers wat die stem uit die hart hul hulle gemaak en met oorgawe daaraan gewy het tot voordeel van begunstigdes. Bekronings met ordes sedert 2010 is ‘n blyk van waardering vir bydrae tot Cordis Trust se doelwitte en hul eie ywer in die uitbou van die kernstrewes. Hierdie simbiose het ‘n unieke bydrae gemaak en ‘n sigbare nalatenskap geskep.
‘n Webwerf streef daarna om terugskouing te gee, maar veral om die voortreflike talent en bydraes op ‘n deurlopende grondslag ‘n vars aanslag te gee.
Toekennings deur die jare
Ons gee erkenning
Deernis (Teater van die lewe) Direkte deernishulp onder andere deur Projects for life, die Orde van die kruik toekennings sedert 2011, Ten spyte van teaterprogram sedert 2003 en Boektrommel vir gratis boekvespreiding.
Afrikaanse woordkuns
Afrikaanse woordkunsakademie vir dig-, skryf-, lirieke- en dramaprojekte en bewusmaking van kultuur-historiese aspekte. Mediablootstelling deur sosiale media (Woordpalet, Kunspalet,Stories SA, Notewoorde, Die Boektuiste, Skeppende mense) gerugsteun deur Cordos Triust Publikasies en aansporings toekennings soos die Orde van die goue pen en Orde van die Beiteltjie.
Geestelike groei (Boodskap van hoop)
Publikasies en die Orde van die lamp toekennings.

Toekennings
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.




VAN TOEKA TOT NOU







