Dit was so hittete - Willem Fransman jr.

Willem Fransman jr. is die skrywer van vyf radiodramas wat oor RSG uitgesaai was, o.a. Om te bedel is ’n kuns (1997), Martelaar van Calvinia (2007) en Met Kersfees so naby (2010.
Uit sy pen vloei verskeie toneelstukke wat by kunstefeeste aangebied was, o.a. Ek gattie die Pypie blaas’ie (1996), Die Mense van langesaan en Die Belofte in ‘n skilpaddop (2002), Ma se Melk (2004 en Paljas van Dirk Ligter (2005).
Fransman jr. was ook die (mede) samesteller van verskeie boeke en van sy digbundel verskyn by groot drukkers.
Hy is welbekend vir sy bydrae tot dramagroepe, opvoerings en as regisseur.
’n Bundel van sy joernalistieke skrywes word vanjaar deur Ns. Skrywershuis gepubliseer, met die steun van Cordis Trust.
Hierdie bundel, Dit was so hittete, word soos volg deur die bekroonde joernalis en rubriekskrywer Martie Retief Mering (1934 – 2024), beskryf: Hierdie bundel rubrieke ontsluit ‘n wêreld wat in die afgelope paar dinamiese jare, veral onder die bruin gemeenskap afgespeel het. Dis lekkerlees, lekker onthou, soms ook met hartseer. Onthou die taal is verleidelik vlot en vars. Dis mos immers ‘n taaltowernaar wat hier aan die woord is.