Jou eie kleinteater

JOU EIE KLEINTEATER is 'n nuutskepping van Cordis Trust waar digters hul eie digwerk of prosa voorlees. Waar moontlik word beelde geskep en as 'n 'teaterproduksie' aangebied. Deur hierdie inisiatief skep Cordis Trust die geleentheid vir digters om hul werk in die sonlig te plaas vir ander om te waardeer. Digters word persoonlik deur ’n paneel uitgenooi om opnames voor te lê vir uitsaai op YouTube en Cordis Trust se webwerf. Die aanbiedings word gereeld geplaas en liefhebbers van gedigte kan hulle verlustig in die digkuns. Terselfdertyd word nuwe digters bekendgestel en digwerke blootgestel aan die publiek. As ’n bykomende platform vir die blootstelling van die digkuns, het Cordis Trust ’n toevoeging te maak by Jou eie Kleinteater – Getoonsette Digkuns. Daar is verskeie digters wie se werk omskep is, is komposisies en deur opgeneem is. Ons bring hierdie verwerkings na vore in Jou eie Kleinteater.
GETOONSETTE DIGKUNS

Die gedig, Mardene, geskryf deur Rika Cillers-Preller verskyn in die digbundel, Woordpalet. Hierdie opname is die uitsonderlike verwerking en sang deur Deniel en Barry Frazer uit die Lang Vrou-Produksie (Petronel Baard) van Woordpalet.

Die produskie verskyn op YouTube by hierdie skakel: https://youtu.be/oREC6dvAxvo?si=-N0cBiUEbyrY0laR

GEDIGVOORLESINGS

Die rooi sinkdak is ‘n nostalgiese prosawerk deur Erna Conradie en word voorgelees deur Johan Allers. 

Die gedig Motreën is geskryf deur die begaafde digter, Jana Fourie en word voorgelees deur ons bekende Johan Allers uit Nederland.

Mamma, ons onthou – geskryf en voorgelees deur Jadrick Pedro-Koopman uit sy pas gepubliseerde digbundel, Lostorring.

Die bundel is uitgegee deur Turksvy Publikasies.

DIE BEMINDE: Die gedig is geskryf en voorgelees deur die digter Jana Fourie.

Jana het reeds haar eerste digbundel vrygestel en is ook ‘n rubriekskrywer vir die digitale glanstydskrif, Naskrif.

Die gedig is geskryf met die Anglo-Boereoorlog as agtergrond.

OOM SAREL SE DROOM – Dave Thomas is ‘n Engelssprekende wat in Afrikaans dig. DIe nostalgiese boodskap van hierdie gedig het ons aangeraak. Die gedig word voorgelees deur die begaafde joernalis, Johan Allers.

EK IS NIE STIL NIE - Gerian Soirée

Gerian is ’n selfgeleerde kreatiewe pianis en digter. Hy wil graag hierdie twee kunsvorme saamvoeg en Ek is nie stil nie, dien as voorbeeld van sy musiek- en digkuns. Die gedig is ’n herinnering aan waar ons taal vandaan kom, en dat ons taal altyd sal voortbestaan. Ek is nie stil nie is geskryf ter viering van Afrikaans 100.

VOORLESING, GEDIG & MUSIEK Gerian Soirée FACEBOOK https://www.facebook.com/profile.php?id=61…

Ex Cordis - Nini Bennett-Moll

Nini se skrywe gaan oor die begrip ‘uit die hart’. Die gedig is opgedra aan Cordis Trust (UIT DIE HART) en Mardene Marais waaruit Cordis Trust ontstaan en gegroei het.

 

HY IS DIT WERD - Ogies de Pauw

HY IS DIT WERD is ‘n gedig geskryf deur Ogies de Pauw, niggie van die voorleser Johan Allers. DIe gedig het ‘n diep boodskap van geloof, Sy kruiseging en belofte van Sy wederkoms.

DIE UITSLAG - geskryf deur Hieronymus Brink

‘n Voorlesing deur Johan Allers, geskryf deur die digter en kunstenaar Hieronymus Brink – Die Uitslag. Van Brink se skilderkuns word ook blootgestel in hierdie video.

BOOMSLOPING - geskryf en voorgelees deur Albert Klopper

JOU EIE KLEINTEATER is ‘n nuutskepping van Cordis Trust waar digters hul eie digwerk of prosa voorlees. Waar moontlik word beelde geskep en as ‘n ‘teaterproduksie’ aangebied. Deur hierdie inisiatief skep Cordis Trust die geleentheid vir digters om hul werk in die sonlig te plaas vir ander om te waardeer.

Ons luister en kyk na die voorlesing van  Boormsloping, geskryf en voorgelees deur Albert Kloppers.

HOOP IN MY WINTERJAS SE SAKKE - Helena Mellet

In hierdie aanbieding van JOU EIE KLEINTEATER luister ons na die gedig, Hoop in my winterjas se sakke, geskryf en voorgelees deur Helena Mellet.

Helena het in ’n huis met baie boeke grootgeword. Haar boekwurm-ma het haar leer lees en skryf nog voor sy skool toe is. As kaalvoetkind in die hartjie van Namakwaland het haar fassinasie met mense en hul dinge begin. Op vyftien skryf Helena haar eerste gedig en is tot vandag toe verknog aan poësie. In 2007 matrikuleer Helena by Hoërskool Lutzville waarna sy BA Taal en Kultuur aan die Universiteit van Stellenbosch begin studeer. Sy voltooi ook ’n kursus in grafiese en webontwerp en werk vir drie jaar in die industrie. Helena en haar man verhuis in 2015 na Robertson waar sy betrokke raak by die familiebesigheid, Stella’s Kennels & Cattery.  Hier leef sy haar liefde vir die natuur uit en skryf wanneer die inspirasie haar beetpak. Van haar kortverhale en gedigte is al in verskeie bundels gepubliseer. Ink skryf in Afrikaans benoem haar jeugverhaal, Bessie, as kortverhaal van die jaar in 2017. Met die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie was sy al twee keer ’n finalis en haar debuutdrama, Man op die maan, is in Desember 2019 uitgesaai.

Sy is ’n stil mens, want haar oë en ore werk oortyd. Sy glo dat elke oomblik van die dag ’n storie of gedig inhou wat wag om geoes te word. Sy skryf oor mense en mensdinge, oor die lewe en al sy kinkels en koekerasies. (BIO – LitNet)

Stef Kruger is ‘n Afrikaanse liedjieskrywer, musikant en abstrakte skilder. Hy het al meer as 400 liedjies geskryf, waarvan verskeie treffers is. Van sy bekende liedjies sluit in Pennies op die spoor, Grassade in die wind en Tussen jou en my. Kunstenaars soos Dozi, Bobby van Jaarsveld en Jannie Moolman het al van sy liedjies opgeneem. Kruger was vir 25 jaar lank verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermaaklikheidseenheid waar hy tromme gespeel het, maar het ook sy musiekeksamen op die dwarsfluit afgelê. Hy het verskeie pryse vir sy werk ontvang, waaronder Vonk Musiek se toekenning as beste liedjieskrywer van die jaar asook Die Orde van die Goue Pen, ‘n toekenning vir buitengewone bydrae tot die bevordering van Afrikaans in 2012. Verskeie van sy liedjies is ook in die nuwe FAK-sangbundel opgeneem. JY word voorgelees deur Stef en die lied as agtergrond musiek.

“ViSNet is gestig om diegene wat nog nooit geskryf het nie die geleentheid te bied om deur middel van verskeie werkswinkels hulself te verryk en buiten die vaardighede, ook selfvertroue te gee om hul stories te deel,” vertel Christina Kleynhans, stigter van VisNet, digter en skrywer.
Haar digbundel, Spieëlbuis is die spreekbuis vir diegene wat met Bipolêre gemoedsversteuring saamleef. Dit is ’n versameling gedigte en prosa wat mense insig kan bied oor die toestand en hoe dit manifesteer.
In JOU EIE KLEINTEATER luister ons na Mis – geskryf deur Christina Kleynhans.

Brandbos, ‘n gedig opgeneem in Marius Nigrini se digbundel, Nog ‘n stomp op my vuur.

Vuur word dikwels in die bundel aangewend as metafoor om verganklikheid en sterflikheid uit te beeld. Poëtiese hulpmiddels soos vergelykings en enjambemente word vernuftig gebruik. Die sentrale fokus deur al die Afdelings figureer die innerlike onvermoë van die digter om die emosionele gewaarwordings van menswees, die aftakeling van sy liggaam, asook die verdriet wat verbrokkelde verhoudings meebring te aanvaar.

JY IS deur die bekende digter, Margaret Cordier, word voorgelees deur Johan Allers. Margaret Cordier is gebore 28 April 1962 en het haar vormingsjare gehad in Alexanderbaai. Haar liefde vir skryf begin op ’n vroeë ouderdom tydens haar laerskooljare. Van haar skrywes word in die skoolkoerant gepubliseer en sy word in haar hoërskooljare aangemoedig deur o.a Anna Neethling Pohl. Sy neem gereeld met sukses deel aan redenaarskompetisies en kunswedstryde en beklee leierskapposisies op laer- en hoërskool. Sy matrikuleer aan Rustenburg Hoërskool en voltooi haar tersiêre opleiding by UP en Unisa.

In 2021 word haar debuutbundel, Buigbreek, deur Cordis Trust gepubliseer. In 2023 ontvang sy die Orde van die Beiteltjie.

In hierdie aanbieding van JOU EIE KLEINTEATER luister ons na die gedig, Ma, geskryf en voorgelees deur Azette Wiesner. Azette het nog altyd graag die poësie gelees van enkele Afrikaanse digters, en Afrikaans was een van haar vakke op universiteit. Haar skryfstem, gebore uit haar eie intense gevoelswêreld bied vertroosting aan duisende mense wat sy aanraak met temas oor die pyn van rou, die dood en die onbeskryflike verlies van ‘n geliefde. Sonder enige sentimentaliteit en in gewone taal. Toeganklike taal met universele waarde.

Die gedig – As ek bly, sal jy – geskryf deur Mardene Marais is getoonset en gesing deur Petronel Baard. Hierdie besonderse lied is deel van die produksie, ‘n Blom vir elke vrou, wat voorheen opgevoer was by die KKNK.

Ons luister na WENTELBAAN, geskryf, voorlesing en sang deur Corrazerwas (Cordier de Beer). Die talentvolle digter, liriekeskrywer en sanger, Cordier de Beer, is ook bekend as Corrazerwas as musiekkunstenaar. Hy is ’n woordmeester sonder weerga en sy werk word deur Karen Zoid vergelyk met sangers soos Koos du Plessis. Sy musiek is tydloos en elke lied is ’n gedig uit eie reg. Cordis Trust, Afrikaanse Woordkunsakedemie 2024, het die Orde van die Beiteltjie toegeken aan Cordier vir volgehoue geesdrif, betrokkenheid, deelname en eiesoortige sigbare resultate met verskeie aspekte van die Afrikaanse woordkuns veral deur lirieke en sang. In die tydskrif, NASKRIF, vertel hy: “Om hoe ek die lewe beleef en wat binne my is buite te kry deur die ontasbare tasbaar te maak d.m.v. musiek, bly my grootste dryfveer. Daar is niks so lekker soos om wat ek ervaar om te skakel in klank en dit alles te sien ontvou nie. Dit is altyd ‘n voorreg.” In hierdie onderhoud skryf Nico Schamrel: ‘Ek wil graag die temas van sy musiek beskryf as verganklikheid, menslike verhoudings se dinamiek en broosheid, die krag van herinneringe en drome, terwyl hy deurentyd ’n skerp insig wys in die menslike kondisie. Dit is luistermusiek. Dit is ook musiek wat uit die hartkamers kom van ’n vrye boerklong wat oor vlaktes sing, wat nederig met die wuif van sy boshoed jou sal groet en sy vingers oor snare streel terwyl die Afrikason met kitaarsang in vlamme ondergaan.’

Logan Adams lees haar gedig, Só unfair, voor uit haar digbundel, TUSSEN STILTE. Tussen stiltes is daar dikwels roeringe, klanke. Die lewe wek wanklanke; dood, pyn, verwerping. Maar die lewe bring ook tussen al hierdie emosies stille aanvaarding, liefde. Hierdie bundel sny baie naby aan die skrywer se lewe en geliefdes. Sy vra vrae, bepeins en uiteindelik, tussen al die stiltes en stilbly, kom sy by die punt wat saakmaak: sy gaan nie meer stilbly nie, want – ’n mens moet wys raak. Logan Leigh Adams is op 18 September 2002 in die Paarl gebore. Sy woon in Amstelhof Paarl. Hierdie is haar tweede boek. Haar eerste boek, Die Nood Roep, het sy in Julie 2021 vrygestel. Logan het ook haar eie produksie – Maskers. Sy studeer Bcom Algemeen by UWK en doen tans gemeenskapswerk. Sy is ook ʼn radio-omroeper en wil graag advokaat wees vir vroueregte soos weerspieël in haar digbundel, TUSSEN STILTES.

VANAAND KAN EK NIE BID NIE is geskryf en word voorgelees deur Margaret Bennett. Margaret is bekend as digter en omroeper. Alhoewel sy voltyds werk, rus haar belangstelling by dig en skryf. Sy woon in die pragtige Namibië.

BY DIE DOOD VAN WOORDE deur die bekende digter, Margaret Cordier, word voorgelees deur die digter. Margaret Cordier is gebore 28 April 1962 en het haar vormingsjare gehad in Alexanderbaai. Haar liefde vir skryf begin op ’n vroeë ouderdom tydens haar laerskooljare. Van haar skrywes word in die skoolkoerant gepubliseer en sy word in haar hoërskooljare aangemoedig deur o.a Anna Neethling Pohl. Sy neem gereeld met sukses deel aan redenaarskompetisies en kunswedstryde en beklee leierskapposisies op laer- en hoërskool. Sy matrikuleer aan Rustenburg Hoërskool en voltooi haar tersiêre opleiding by UP en Unisa. Chris Brunette het ’n groot rol gespeel in die aanmoediging om gedigte te skryf en dit in te stuur vir plasing op Litnet. Sy skryf oor haar belewenisse en oor ervarings op haar lewenspad. In 2021 word haar debuutbundel, Buigbreek, deur Cordis Trust gepubliseer. In 2023 ontvang sy die Orde van die Beiteltjie. Haar eie siening oor waarom sy skryf/dig: “Om te dig het vir my die joernaal van my lewe en groei geword waar ek deur my liefde vir woorde my gevoelens en indrukke van ‘n veranderende wêreld weergee in die vorm van verse deur dit wat vir my ingegee is. Digkuns is vir my ‘n geleentheid om geinternaliseerde lewenswaardes, ervarings en toekomsverwagtings uit te druk tot dieper insig en veelvlakkige sigbaarheid.”

DROOMVERLORE - geskryf deur Antia van der Walt

Anita van der Walt se kinderjare begin in Carolina en voltooi haar skoolloopbaan by Florida Hoërskool. Sy het begin dig toe haar dogter in 2012 oorlede is. Alhoewel sy nog altyd wou dig het haar emosies na haar dogter se dood spontaan in haar digkuns begin vloei.

Sy het al in verskeie digbundel gepubliseer, o.a. Inkskryf, die GHA se Suiderland, en Die Nuwe Era Groot Verseboek om ’n paar op te noem.

Haar eerste digbundel het in 2023 die lig gesien nadat sy in 2022 by die GHA ’n boekprys gewen het om haar bundel te kon publiseer.

Sy is tans besig om aan haar tweede bundel te werk.

GEDIG deur Lidi de Waal en voorgelees deur Johan Allers

Ons lees die gedig van Anita van der Walt voor – Skeppingprag. Anita van der Walt se kinderjare begin in Carolina en sy voltooi haar skoolloopbaan by Florida Hoërskool. Sy het begin dig toe haar dogter in 2012 oorlede is. Alhoewel sy nog altyd wou dig het haar emosies na haar dogter se dood spontaan in haar digkuns begin vloei. Sy het al in verskeie digbundel gepubliseer, o.a. Inkskryf, die GHA se Suiderland, en Die Nuwe Era Groot Verseboek om ’n paar op te noem. Haar eerste digbundel het in 2023 die lig gesien nadat sy in 2022 by die GHA ’n boekprys gewen het om haar bundel te kon publiseer. Sy is tans besig om aan haar tweede bundel te werk. Haar gedig, Droomverlore, verskyn by LitNet saam met ander gedigte.

Lidi de Waal is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar en skrywer, bekend vir haar veelsydige styl wat beide kuns en poësie insluit. Sy het grootgeword op ‘n plaas tussen Fraserburg en Beaufort – Wes, en nadat sy onderwys gestudeer het, het sy ‘n loopbaan in kuns gevolg, insluitend beeldhouwerk en skilderkuns. Haar artistieke reis sluit in die bestuur van ‘n pottebakkersfabriek, die uitvoer van beeldhouwerke, en later die fokus op skilderkuns na ‘n egskeiding. Sy het ook begin skryf na haar 50ste verjaardag. Lidi woon tans in Witsand en vind inspirasie in die alledaagse lewe, veral in haar katte, die strand en die geluk van haar kinders. Sy het ‘n boek gepubliseer met die titel “Kleur van die Woorde”.

Die gedig, DUIFVEER, geskryf deur Adele Theron word voorgelees deur Marika du Toit van Heerden.

Hierdie voorlesing deur Rina Cascione, is uit haar bundel MEER AS WOORDE, gepubliseer deur Naledi.

PAASNAWEEK is geskryf en word voorgelees deur Rina Cascione uit haar bundel MEER AS WOORDE – gepubliseer deur Naledi.

HERFS geskryf en voorgelees deur Everline van Dyk.

Ons plaas met tyd ‘n verskeidenheid van haar digwerk uit verskeie van haar gepubliseerde digbundels.