Teater van die lewe

Deernisprojekte soos Ten spyte van deur Cordis Trust/Pierneefteater; om erkenning te gee aan instansies/persone wat uitmuntende gemeenskapsdiens lewer (Orde van die kruik), ‘n databasis van kundiges in hulpverlening (Projects for life) en ‘n projek om nuwe en gebruikte boeke te versprei (Boektrommel) waar dit ‘n verskil in mense se lewens kan maak.

Wanneer jou laatlewe tweedeklas voel, koester jy breekmomente soos hierdie waar Petronel eie inisiatief gebruik het om die vlam van hoop brandend te hou ook vir ander musikante wat droom oor deurbrake.

Die eerste amptelike opname en video van “Kom ons Droom vandag”, opgeneem deur Deon Scheepers en verfilm deur Luc Prinsloo op Vrydag, 21 Mei, 2021, in die Strooidakkerkie op Kleinbrakrivier.