TEN SPYTE VAN

Hierdie program word reeds sedert 2003 jaarliks aangebied oor 4 aande (of ‘n Sondag-namiddag en 3 aande). Dit is vir optrede van gestremde groepe (ongeveer 10) en talle individue as demonstrasie dat ten spyte van inkortings deelnemers steeds ‘n betekenisvolle rol kan speel. Dit is ook ‘n geleentheid vir fondsinsameling ten bate van die deelnemers. Jopie Koen fasiliteer die projek (wat hoë eise stel aan veilige toegang en logistiek). Cordis Trust borg die fasiliteite en aanbieding. Die begrip “teater van die lewe” het by die 2013 aanbieding by my ontstaan omrede ek besef het dat hierdie optredes is nie rolspel nie, maar daaglikse werklikheid.