Ons doelwitte
Cordis Trust is in 2000 opgerig en befonds deur dr Fanie Marais as ‘n gedenktrust vir Mardene Marais (28/08/1968- 18/10/1989). Sy was ‘n student aan RAU (nou UJ) van 1987-1989. Van 1990 af het die Marais-gesin die Mardene Marais- gedenkpryse vir Afrikaans voorgraads ingestel en dit in 1999 ook na Honneursstudie uitgebrei.In 1992 met aanmoediging van Johann Johl sien ‘n privaat-publikasie, Woordpalet, van die skryfwerk van Mardene die lig, is deur Vader Claerhout geïllustreer waarna hy ook etlike tema- skilderye geskep het.
Die doelwitte van Cordis Trust (Uit die hart) is deernisprojekte (teater van die lewe); skeppende Afrikaanse woordkuns (dig-, skryf-, drama- en liriekekuns en kultuurhistories) bedryf as die Afrikaanse woordkunsakademie; en die bevordering van geestelike werk (boodskap van hoop) . Jeugstemme word binne die onderskeie doelwitte beklemtoon.
KERNSTREWE
Om doelgerig en onbevooroordeeld te streef om die hartklop van die lewe en van my medemens te begryp en daadwerklik mee te doen met betekenisvolle steun vir gelyke kanse deur
deernisvol op te tree (Teater van die lewe);
moedertaal insluitend te bevorder (Afrikaanse woordkunsakademie); en
geestelike groei (Boodskap van hoop).
Ter bevordering en behoud van Afrikaans
Sterstof
Cordis Trust bevorder talentvolle skrywers, digters, liriekekunstenaars en dramaturge. Sterstof is 'n inisiatief om aan woordkunstenaars groter erkenning en blootstelling te gee en die taal te bevorder. Cordis Trust beskik oor uitgebreide ervaring en toegang tot medewerkers om die doelwitte te fasiliteer. Webtoegang en tot gevestigde sosiale media platforms ondersteun deur 'n digitale infrastruktuur skep uitgebreide geleenthede. Sterstof fokus op bekroning, om talente en prestasies uit te lig en media-publikasie.
Projects for life
Creating awareness that an individual can change the life of a needy person meaningfully if only for the moment.The key is creating life differentiators. It requires a desire to serve by making available knowledge, skills, design abilities in mobility, the promotion of green thinking, elementary means of basic food supply, safer food preparation, etc. You have made your mark. It changed your life. Did it change the life of the less fortunate?
ONS ONDERSTEUN
Ons fokus is om blootstelling te bied aan opkomende kunstenaars, skrywers, digters, mense wat 'n verskil maak, deernisprojekte en wat 'n nie-winsgewende bydae lewer tot geestelike werk.
Teater
Afrikaanse
woordkuns
Deernisprojekte
Geestelike werk
CordisNUUS
Cordisnuus streef daarna om in te lig oor die gebeure en vordering wat gemaak word.
Die huidige jaar is gebruik om terug te kyk en die trefkrag van die kernstrewes, deernis, Afrikaanse woordkuns en geestelike verryking in oënskou te neem; te beplan vir ‘n nuwe tydvak deur duidelike doelwitte en die uitvoering daarvan in sinergie met medewerkers.
Behoeftes en kapasiteit verander. Daar is besondere talente en tegnologiese hulpmiddels beskikbaar om wesenlike wyer bydraes van ‘n hoë gehalte vinniger vorentoe te maak.
Die konsep van Ruimte Afrikaans plaas die klem op die fokus om nuwe inisiatiewe te lanseer in die Afrikaanse woordkuns (skryf-, dig-, lirieke- en dramakuns) en ook om kultuurhistoriese inligting breër toeganklik te maak.
Sterstof is een van die instrumente om stukrag te gee aan die gedagtegang om talent wat dikwels misgekyk word na vore te bring en om ‘n reeks temas soos hartklop, sonstorie en verskeie ander vir deelname te ontsluit. Die evalueringsproses en strategiese samewerking skep reeds groot opgewondenheid.
Ons vereer en herdenk MARDENE MARAIS
MARDENE MARAIS (28/08/1968 – 18/10/1989). Sy was ʼn student aan RAU (nou UJ) van 1987-1989. Van haar uitsonderlike digwerk verskyn in ʼn privaatpublikasie, Woordpalet. Van die skryfwerk van Mardene is deur Vader Claerhout geïllustreer waarna hy ook etlike tema-skilderye geskep het. Vele publikasies volg en word aangevul met werke van ander talentvolle digters. Haar werk is ʼn skatkis van poësie en haar digkuns is ons ver vooruit. Ons vereer haar werk en bring hulde aan hierdie talentvolle digter, Mardene Marais.
